Nama Tradisionele Leiersvereniging bied Volksmoord-gedenkstap aan

Die Nama Tradisionele Leiersvereniging sal ‘n jaarlikse Volksmoord-gedenkstap vanaf 12 tot 14 April in Lüderitz by Shark Island aanbied. Shark Island was ‘n konsentrasiekamp en ‘n ook ‘n massagraf, met die oorblyfsels van vele slagoffers wat deur Duitse Schutztruppe tussen 1904 en 1908 tereggestel is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Maboss Ortmann, ‘n lid […]

Read More

Capricorn Eagles nou professioneel

Namibië se nasionale vroue-krieketspan, die Capricorn Eagles, het ‘n nuwe fase betree nadat die spelers vir die eerste keer professionele kontrakte toegestaan is. Dit is ‘n historiese oomblik vir vroue-krieket en sport in die land. Vir die eerste keer ooit kan die spelers nou hul beroep aandui as “krieketspeler”. Vroue-krieket is aan die groei in […]

Read More

August 26 ‘laat die regering die land plunder’

Die verslag oor Namibië se voldoening aan die Internasionale Verdrag oor Burgerlike en Politieke Regte is deur Namibiese burgerlike samelewing-organisasies aan die VN se Menseregtekomitee voorgelê. Die verslag beklemtoon verskeie mislukkings in verband met die bekamping van korrupsie, hoewel die regering homself gereeld op die skouer klop oor sy stryd teen die euwel. August 26, […]

Read More

Groen Waterstof Simposium skop af in hoofstad

Die Groen Waterstof Simposium, onder leiding van die Suider-Afrikaanse Wetenskapdienssentrum vir Klimaatsverandering en Aanpasbare Grondbestuur, of SASSCAL, is in Windhoek aan die gang. Anna Shiweda, die adjunkminister van landbou en water, lê klem op die noodsaaklikheid om voordeel te trek uit Namibië se oorvloedige hulpbronne, soos wind en sonkrag. Sy sê ook dat die land […]

Read More

Laat Jeugraad en Jeugdiens saamsmelt – Katjimune

Die Nasionale Jeugraad was onlangs in die nuus oor ‘n bitter twis tussen die uitvoerende voorsitter, Sharonice Busch, en die raad se direkteur, Calista Schwartz-Gowases. Volgens plaaslike media het die onmin aansienlike ontwrigting binne die organisasie veroorsaak. Daar was ook beweringe van wangedrag, gepoogde aanrandings en ‘n gestoei met polisie oor ‘n kombi se sleutels. […]

Read More

Meer vee opgeveil in vierde kwartaal 2023, teen laer pryse

Die totale aantal vee wat in die vierde kwartaal van 2023 opgeveil is, het met 7,4 persent tot 82 884 vee toegeneem van 77 140 stuks vee wat in die ooreenstemmende kwartaal van 2022 opgeveil is. Dit is volgens die kwartaallikse landbou statistiese bulletin, wat sê beesveilings het 50 091 koppe beloop, terwyl veilings vir […]

Read More

Akkerbou-produksie val skerp in vierde kwartaal 2023

Akkerbou-produksie het in die vierde kwartaal verlede jaar op 18 929 ton gestaan, volgens die nuutste kwartaallikse landbou statistiese bulletin. Dit was ‘n skerp afname van 44,2 persent in vergeleke met 33 946 ton in dieselfde kwartaal van 2022. Koring het die hoogste volumes van 17 847 ton, of 94,3 persent, van die totale produksie […]

Read More

ANC se hofaansoek teen MK Party faal

Die Kieshof het die ANC se aansoek van die hand gewys om oudpresident Jacob Zuma se uMkhonto we Sizwe Party te laat deregistreer. Die ANC het aangevoer die MK Party se registrasie is onregmatig omdat hy bedrieglike handtekeninge ingedien het in sy aanvanklike aansoek. Regter Lebogang Modiba sê as die ANC se aansoek toegestaan word, […]

Read More

OVK vind 42 kandidate op verskeie partye se lyste

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie het 42 kandidate geïdentifiseer wat op meer as een party se lys is, met 39 verskillende partye wat by hierdie kwessie betrek word. Die onthulling volg ná gister se sperdatum, toe politieke partye die kommissie in kennis moes stel van enige kandidate wat op verskeie lyste of as onafhanklikes benoem is. Lede […]

Read More

Trump het veel te sê oor bedrog-saak

Die prokureur-generaal van New York, Letitia James, sê die gewese Amerikaanse president, Donald Trump, is nog nie uit die verknorsing nie omdat hy steeds aanspreeklik gehou word vir sy wydlopende bedrog. Dit volg nadat die New Yorkse appèlhof hom toegelaat het om ‘n verlaagde waarborg van 3,3-miljard Namibiese dollar te verskaf terwyl hy appelleer teen […]

Read More