74% van Israelies wil nie aanval op Iran hê nie

ʼn Meningspeiling deur die Hebreeuse Universiteit in Jerusalem het bevind 74-persent deelnemers is gekant teen ʼn vergeldingsaanval op Iran indien dit Israel se sekerheidsalliansie met sy bondgenote sou ondermyn. Ses-en-twintig-persent is ten gunste van ʼn aanval selfs al sou dit bande met bondgenote laat skade ly. Die meningspeiling toon ook 56-persent deelnemers glo Israel moet […]

Read More

Archer hoop om reg te wees vir die T2-Wêreldbeker

Engeland se snelbouler, Jofra Archer, het erken hy sal sukkel om enige nuwe beserings te hanteer. Hy word deur ʼn magdom fiksheidsprobleme geteister sedert hy die internasionale kriekettoneel in 2019 betree het. Archer het in Mei verlede jaar laas mededingende krieket gespeel ná ʼn herhaalde stresfraktuur in sy regter-elmboog. Hy sê hy hoop om gereed […]

Read More

Windhoek se waterbronne onder erge druk

Stad Windhoek sê NamWater het watertoevoer na die stad van 75 persent tot 40 persent van die wateraanvraag verminder. Die munisipaliteit voeg by dat die akwifer se vlakke met gemiddeld 75 meter gedaal het, hoofsaaklik as gevolg van uitgebreide pompaktiwiteite sedert Mei verlede jaar. Inwoners moet ‘n minimum van 10 persent spaar maar die teiken is […]

Read More

Du Toitskloof-brand onder beheer

Die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit se brandweerdiens het die brand in die Du Toitskloof-pas bedwing. Die brand het gistermiddag weg van die N1 tot in die hange hoog teen die berg gebrand. Die munisipaliteit se woordvoerder, Jo-Anne Otto, sê brandbestryders sal kyk dat die brand nie opvlam nie:

Read More

Sudan: Druk moet op strydende partye uitgeoefen word

Abdhullahi Hassan van Amnestie Internasionaal sê baie meer druk moet die Sudanese weermag en die Rapid Support Forces geplaas word om die konflik te beëindig. Die oorlog, wat op 15 April verlede jaar begin het, word gekenmerk deur oorlogsmisdade en menseregte vergrype met ‘n miljard Amerikaanse dollar wat tot op hede bewillig is om burgerlikes […]

Read More

Meer as 50 000 Russiese soldate in oorlog dood

Meer as 50 000 Russiese soldate het gesneuwel sedert die inval in Oekraïne in Februarie 2022. Die syfer is bevestig deur BBC Russian, die onafhanklike mediagroep Mediazona en vrywilligers wat die sterftes tel. Onder dié wat dood is 27 300 soldate wat hulle lewens in die tweede jaar van die konflik verloor het. Na wat […]

Read More

Borg: CBI se Coenie en sy vrou hoor vanmiddag

Coenie Botha en sy vrou Charlotte Murove sal na verwagting vanmiddag uitvind of hulle borg sal kry of nie. Die twee het reeds op 2 April argumente in die Windhoek-laerhof gelewer in hulle formele borgaansoek wat oorspronklik op 20 Maart aangehoor sou word. Botha en sy vrou, van CBI Exchange, word van bedrog van 160 […]

Read More

EU skenk aan onderwys

Die Europese Unie se verhouding met Namibië is op ‘n uitstekende voet. Die EU het onlangs miljoene Namibiese dollar aan die onderwysministerie gegee vir die ontwikkeling van vroeë kinderontwikkeling-sentrums. Die projek, die EU-sektorbegrotings-ondersteuningsprogram in vroeë kinderonderwys, sal vir die volgende drie jaar loop, asook die hernuwing van ‘n projekvennootskap met UNICEF. Ana Beatriz-Martins, die ambassadeur […]

Read More

SA veral in finansiële krisis – Giwusa

Die algemene bedrywe-vakbond, Giwusa, sê terwyl inflasie effens verstadig het, bly die pryse van basiese items soos kos, klere en higiëne-produkte hoog. Die jongste Verbruikersprys-indeks toon ‘n 5,3-persent oorhoofse styging in pryse tussen Maart verlede jaar en Maart vanjaar. Die vakbond sê dit is ‘n teken van ‘n verdiepende finansiële krisis. Koketso Phasha van Giwusa […]

Read More

Ses vas vir grootste goudroof ooit in Kanada

Vyf mans is in Kanada in hegtenis geneem en een in Amerika, in verband met Kanada se grootse goudroof ooit. Daar is ook beslag gelê op tientalle vuurwapens wat verband hou met die saak, wat beamptes beskryf as iets wat hoort in ‘n Netflix-reeks. ‘n Totaal van 6 600 goudstawe, ter waarde van sowat 290 […]

Read More