Rusland reik lasbrief uit vir Zelensky

Rusland het ‘n kriminele saak teen die Oekraïense president Volodymyr Zelensky geopen en ‘n lasbrief vir sy arrestasie uitgereik. Die staatsnuusagentskap TASS berig dat geen oortredings gelys is nie. Die Oekraïne sê die stap is bewys van Moskou se desperaatheid en herinner die wêreld daaraan dat Russiese president Vladimir Putin self onderhewig is aan arrestasie onder ‘n lasbrief van die Internasionale Strafhof.