Klagte van N$12m se diefstal by Cenored

Mateus Fungo, ‘n voormalige werknemer van Cenored sal weer op 15 Mei in die Otjiwarongo-landdroshof verskyn op ‘n aanklag van bedrog. Die 36-jarige beskuldigde het voor landdros Immanuel Udjombala verskyn. Hy word daarvan aangekla dat hy 12 miljoen Namibiese dollar tussen September 2021 en Desember 2022 gesteel het. Hy het in Januarie 2023 bedank en sy eie private maatskappye begin bestuur wat hy in die gebiede van Kavango Oos-, Zambezi- en Otjozondjupa-streke gestig het.