Cyril loof speaker vir haar bedanking

President Cyril Ramaphosa sê die voormalige speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula se besluit om te bedank moet geloof word. Sy het gister haar eerste verskyning in die Pretoria-landdroshof gemaak op 12 aanklagte van korrupsie en een van geldwassery. Sy is uit op borgtog van 50 000 Suid-Afrikaanse rand. Ramaphosa het tydens ‘n geleentheid […]

Read More

Olie- en gasreuse besoedel erg, en brei nog uit

Van die 122 grootste olie-, gas-, steenkool- en sementprodusente, het 65-persent staatsinstellings en 55-persent privaat maatskappye hul produksie verhoog. Dit is volgens die Carbon Majors Database wat deur wêreldbekende navorsers opgestel is. Die grootste skuldige is ExxonMobil van Amerika, wat deur beleggers besit word en die afgelope sewe jaar 3,6 gigaton koolstofdioksied vrygestel het. Shell, […]

Read More

Nadal onttrek uit Monte Carlo

Die 11-malige kampioen Rafael Nadal het hom aan die Monte Carlo Meesters onttrek weens ‘n voortdurende besering. Die 37-jarige Spanjaard het in Januarie tydens die Brisbane Meesters uiteindelik weer na die baan teruggekeer nadat hy bykans ‘n jaar op die krukkelys was. Hy het sy heup beseer, wat hom uit die Australiese Ope gehou het. […]

Read More

Klagte van N$12m se diefstal by Cenored

Mateus Fungo, ‘n voormalige werknemer van Cenored sal weer op 15 Mei in die Otjiwarongo-landdroshof verskyn op ‘n aanklag van bedrog. Die 36-jarige beskuldigde het voor landdros Immanuel Udjombala verskyn. Hy word daarvan aangekla dat hy 12 miljoen Namibiese dollar tussen September 2021 en Desember 2022 gesteel het. Hy het in Januarie 2023 bedank en […]

Read More

Baba amper in Ohangwena ontvoer

Die polisie op Ohangwena het ‘n kommerwekkende geval van kinder-ontvoering aangemeld. Volgens kommissaris Ottilie Kashuupulwa, die streekbevelvoerder, is ‘n 16-maande oue baba gegryp deur ‘n 40-jarige man terwyl sy kapana gekoop het. Die man het in taxi gespring en weggekom maar ‘n getuie op die toneel ken hom en kon die ma en die polisie […]

Read More

Klag teen Suid-Afrikaner wat saam met IDF baklei

Die Palestina Solidariteitsveldtog in Suid-Afrika het ‘n klagte by die polisie gelê en die Nasionale Vervolgingsgesag ingelig oor ‘n Suid-Afrikaner wat na bewering in die Israeliese Besettingsmag dien. Die klaer, Usuf Chikte, noem moontlike oortredings van die Statuut van Rome en die Wet op die Regulering van Buitelandse Militêre Bystand. Hy dring aan op ‘n […]

Read More

Permierliga: Liverpool skop vir Arsenal na tweede

Liverpool loop weer voor in die Premierliga met twee punte ná sy oorwinning van 3-1 op Anfield oor Sheffield United wat gevaar loop om gerelegeer te word. Darwin Nunez het die Reds teen rustyd laat voorloop, waarna ‘n tuisdoel deur Conor Bradley vir die Blades dit gelykop gemaak het. ‘n Pragdoel deur Alexis Mac Allister […]

Read More

NamPower tariefverhoging van amper 15%

NamPower het te kenne gegee dat hy die Elektrisiteitsbeheerraad genader het en vra ‘n verhoging van 14,59 persent in sy tariewe. Die maatskappy sê daar is verskeie redes daarvoor, onder andere, die kostes van die 60 persent van plaaslike verbruik, wat hy invoer. Eskom het amper 13 persent vanaf Nersa in die buurland ontvang en […]

Read More

Mis herlei vlugte na Botswana, HKIA radar werk nie

Internasionale vlugte wat geskeduleer is om op Hosea Kutako Internasionale Lughawe te land, is herlei na Botswana as gevolg van digte mis. Die mis is ongeveer 100 voet van die grond af. Daar is kwessies met radar wat die landings onmoontlik maak. Eurowings van Lufthansa sou net na agt-uur geland het maar sal in Botswana […]

Read More

Goeie syfers vir NBL

Namibia Breweries Limited het sy finansiële resultate vir die ses maande tot Desember 2023, bekend gemaak. Die maatskappy het ‘n afname van 13,7 persent in bierverkope gely, maar netto inkomste het met 15 persent gestyg tot 2,1 miljard Namibiese dollar. NBL het die afgelope ses maande aansienlike fokus op kontantbestuur geplaas, nadat bykomende finansiering verkry […]

Read More