Shifeta sê oor stropery

Die herrie is los oor die nuus dat 28 renosters vanaf Januarie gestroop is. Die PDM-leier McHenry Venaani het intussen gesê hy het intelligensie ontvang dat kartelle met stropery in die land se natuurbewaringsgebiede besig is. Volgens Venaani sluit dit Chinese burgers en senior wetstoepassingsbeamptes in. Die toerisme-minister, Pohamba Shifeta, het in die Nasionale Vergadering die aantal stropers bekend gemaak wat gevang is sedert die begin van verlede jaar tot 31 Maart vanjaar.