Kenia se landbouminister verkoop vals kunsmis

Keniaanse wetgewers eis die afdanking van die land se landbouminister nadat regeringsagentskappe vals kunsmis versprei het deur ‘n subsidieprogram. Meer as 80 persent van die wetgewers het ten gunste van Mithika Linturi se verwydering gestem. In Maart het die land se standaarde-agentskap erken dat die staatsbeheerde Nasionale Graan- en Produkraad substandaard kunsmis aan niksvermoedende boere verkoop het. Dit stel volgens kenners die ekonomie in gevaar omdat hy op landbou staatmaak vir ongeveer ‘n kwart van die totale uitset.