Hai//om sukkel steeds met nasionale dokumente

Ten spyte van die ministerie van binnelandse sake se massaregistrasie-veldtog wat tot 30 Julie duur sê die waarnemende hoof van die Hai-//om, John Jan Haneb dat hulle reuse-uitdaging het. Hy sê daar is nie voldoende inligting oor die vereistes vir nasionale dokumente nie en verder, dat talle lede van die gemeenskap nie daaraan kan voldoen nie omdat hulle nie altyd in hospitale gebore is nie, veral as hulle ouer is. Die massaregistrasie dien op die oomblik om gemarginaliseerde gemeenskappe met dokumente te voorsien. Die ministeriële woordvoerder Margaret Kalo het lede van die gemeenskap aangemoedig om hulself by hul hoofde te registreer om in aanmerking te kom vir dokument.