Benylin in Namibië is veilig

Die gesondheidsministerie het bevestig dat Namibië gespaar is van die betrokke groepe van die Johnson & Johnson-hoesstroop vir kinders wat tans herroep word. Suid-Afrika, Eswatini, Rwanda, Kenia, Tanzanië en Nigerië  het Benylin Pediatriese Stroop weens hoë vlakke van diëtileenglikol bevat, herroep. Volgens Ben Nangombe, uitvoerende direkteur in die ministerie word medisyne in groepe vervaardig wat met […]

Read More

Johannesburg wen teen halstarrige inwoners

Die Stad Johannesburg sê hy is bly die oppergesag van die reg het geseëvier teen groot sakeondernemings en reuse-woonlandgoedere wat nie vir munisipale dienste wil betaal nie. Die hof in Johannesburg het ten gunste van die stad beslis teen Malakite Body Corporate and Greenstone Crest Body Corporate. Die stad se woordvoerder, Nkosana Lekotjolo, sê die […]

Read More

Israel blokker UNRWA se werk

Die VN se vlugtelingsagenstskap UNRWA, is in die spervuur. Israel sê befondsing moet onmiddellik gestaak word en die organisasie moet ontbind word maar, kritici meen dat Israel wil hê dat die vlugtelingstatus van amper 6 miljoen Palestyne op die manier verwyder moet word. Die hoof van die agentskap, Phillippe Lazzarini sê Israel blokkeer sy hulppogings.

Read More

Vrou vat dooie oom bank toe om lening te kry

‘n Vrou in Brasilië is in hegtenis geneem nadat sy haar dooie oom op ‘n rolstoel in ‘n bank ingestoot het en gepoog het dat hy teken vir ‘n lening van ongeveer 57 000 Namibiese dollar. Kringtelevisie toon hoe sy die man se kop ophou en sy hand vat om die dokument te teken. Bankpersoneel […]

Read More

Namdeb hof toe oor LPM

Regter Herman Oosthuizen sal vanoggend ‘n dringende aansoek deur Namdeb teen die LPM aanhoor. Die maatskappy noem die LPM-leier Bernadus Swartbooi, sy adjunk Henny Seibeb en lede Sade Gawanas, Melody Swartbooi en Easter Isaak as respondente en vra die hof vir ‘n interdik wat hulle verhoed om lasterlike uitsprake oor Namdeb en sy bestuur op […]

Read More

SA hersien migrasiebeleid

Die minister van Binnelandse Sake, Aaron Motsoaledi, sê die Kabinet het die finale witskrif oor die migrasiebeleid goedgekeur, wat daarop gemik is om burgerskap- en immigrasie-uitdagings aan te spreek. Die witskrif is daarop gemik om die Burgerskapswet en ander wette wat burgerskap en migrasie beheer, te hersien. Die beleid stel voor die 1951-Vlugtelingkonvensie moet hersien […]

Read More

Iran: Bibi sê hulle sal self besluit

Die Israelse premier, Benjamin Netanyahu sê sy land sal sy eie besluite neem oor hoe om te reageer op Iran se ongekende lugaanval verlede naweek. Hy het gister in Jerusalem met die Britse minister van Buitelandse Sake, David Cameron vergader. Daar is kommer dat Israel se vergelding die streek in ‘n volskaalse oorlog kan dompel. […]

Read More

Nadal is bly hy kan nog speel

Die 22-malige Grand Slam-kampioen, Rafael Nadal, is bemoedig deur sy spel in die Barcelona Ope. Die 12-malige kampioen het in die tweede ronde met 7-5 en 6-1 teen die wêreld-nommer-elf van Australië, Alex de Minaur, verloor. Dit was die Spanjaard se eerste toernooi nadat hy weens ʼn besering drie maande buite aksie was. Stefanos Tsitsipas […]

Read More

Oud-kinderadvokaat praat oor ma wat blykbaar kind verkrag

Die geval van ‘n 37-jarige ma wat daarvan verdink word dat sy haar nege-jarige seun herhaaldelik verkrag het, het skokgolwe deur die land gestuur. Sy het die kind blykbaar ook gebrand as hy nie wou toegee nie en is aangekla van verkragting en aanranding. Sy is borg geweier in die Ondangwa-landdroshof. Kosmos 94.1 Nuus het […]

Read More

Energie-kenner looi Opul, Namibië en olie

Opul en sy vennote vry erg na Namibië om ‘n lid van die groep te word, na die groot olie-ontdekkings in die Oranje-bekken. Namibië kan die vierde grootste Afrika-produsent van olie word wanneer die miljarde vate getap word. Chris Yelland, ‘n energie-ontleder, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sy reaksie hierop gegee. Volgens Yelland […]

Read More