Kiss verkoop musiek, handelsmerk

Die rockgroep Kiss het sy musiekkatálogus, naam en handelsmerk aan ‘n Sweedse musiekbeleggingsfirma, Pophouse Entertainment, verkoop in ‘n transaksie ter waarde van meer as 5,6 miljard Namibiese dollar. Die Rock and Roll Hall of Fame-groep het oor die afgelope 50 jaar nagenoeg 100 miljoen albums verkoop. Die medestigter van Kiss, Gene Simmons, sê hulle was nog altyd vernuwend wat popkultuur betref, en die vennootskap sal verseker dat hulle in die jare wat kom sal kan voortgaan. Sangers soos Bob Dylan en Bruce Springsteen het ook hul katálogusse verkoop.