Olie- en gasreuse besoedel erg, en brei nog uit

Van die 122 grootste olie-, gas-, steenkool- en sementprodusente, het 65-persent staatsinstellings en 55-persent privaat maatskappye hul produksie verhoog. Dit is volgens die Carbon Majors Database wat deur wêreldbekende navorsers opgestel is. Die grootste skuldige is ExxonMobil van Amerika, wat deur beleggers besit word en die afgelope sewe jaar 3,6 gigaton koolstofdioksied vrygestel het. Shell, BP, Chevron en TotalEnergies was kort op sy hakke. Die navorsers het ook bevind die Asiese steenkoolmark groei teen ‘n stewige pas.