Nadal onttrek uit Monte Carlo

Die 11-malige kampioen Rafael Nadal het hom aan die Monte Carlo Meesters onttrek weens ‘n voortdurende besering. Die 37-jarige Spanjaard het in Januarie tydens die Brisbane Meesters uiteindelik weer na die baan teruggekeer nadat hy bykans ‘n jaar op die krukkelys was. Hy het sy heup beseer, wat hom uit die Australiese Ope gehou het. Hy het sedertdien nie weer in ‘n toernooi gespeel nie. Nadal sê sy liggaam is nie gereed vir die baan nie en al wat hy kan doen, is om dit te aanvaar.