Iere verwag taai stryd teen All Blacks

Ierland se hoofafrigter, Andy Farrell, het ʼn onveranderde opdrafspan aangewys vir môre se Wêreldbeker-kwarteindstryd teen die All Blacks op die Stade de France in Parys. Wêreld nommer een, Ierland, het reeds 17-wedstryde agtereenvolgens gewen. Die Ierse veteraan, Conor Murray, het egter sy spanmaats gewaarsku om ‘n beter weergawe van die All Blacks te wagte te […]

Read More

Komitees is nodig om rampskades te bepaal: Eerste Minister

Namibië, as deel van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap, herdenk vanjaar se Internasionale Dag vir Ramprisikovermindering in die Oshana-streek en vra dat die wêreldgemeenskap pogings opskerp om die impak van rampe te versag. Vanjaar se tema vir die dag is “Beveg ongelykheid vir ‘n veerkragtige toekoms.” Eerste Minister Saara Kuugongelwa-Amadhila het tydens haar hoofrede gesê dat ramprisikokomitees […]

Read More

Nuwe boogskietklub vestig hom in Walvisbaai

Die nuutgestigde Atlantis Boogskietklub in Walvisbaai sal op 25 November hul eerste fondsinsamelingsgeleentheid aanbied. Boogskutters Katelynn en JL sal op ‘n teiken vanaf 50 meter skiet, terwyl boogskutters De Villiers en Correen op ‘n teiken vanaf 10 meter sal skiet. Alle boogskutters sal ‘n maksimum van 36 pyle skiet. Die hoofdoel van hierdie fondsinsameling sal […]

Read More

‘Moenie Namcor ook laat ondergaan nie’

Volgens plaaslike berigte het die kabinet ‘n voorstel van die hand gewys om die Nasionale Petroleum Korporasie, wat meer as 2 miljard Namibiese dollar in die skuld is en potensiële likwidasie in die gesig staar, ‘n finansiële lewenslyn te gee. Namcor skuld 1,1 miljard dollar aan Gunvor Group, wat olie en ander kommoditeite verkoop. Die […]

Read More

Schlettwein onderstreep beplanning vir watersekerheid

Landbou-minister Calle Schlettwein is in Parys, Frankryk waar hy die tweede bevondsing-dialoog van die Afrika Waterfasiliteit bywoon. Schlettwein is gevra om as voorsitter op te tree van die belangrike vergadering, onder die titel “Innoverende weë vir toegang tot water en sanitasie in Afrika”. Hy wys in sy toespraak op globale krisisse wat die vasteland bedreig, […]

Read More

Nida gebruik alternatiewe kragbronne om oeste te beskerm

Die Namibiese industriële ontwikkelingsagentskap, Nida, maak tans gebruik van alternatiewe kragbronne om oeste so ver as moontlik te beskerm. Dit kom nadat NamPower die kragtoevoer van die groenskema by die Nautedam afgesny het vanweë uitstaande skuld van sowat 4 miljoen Namibiese dollar. Die skema is onder die beheer van Nida, en miljoene dollar in dadel-oeste […]

Read More

Boomplantdag-vieringe skop af

Heikky Amwele, uitvoerende hoof van die Oniipa-dorpsraad, sê die raad beplan om bome, insluitend vrugtebome, regoor die dorp te plant as deel van die Boomplantdag-viering. Die dag word elke jaar op die 2de Vrydag van Oktober gevier om saam te val met die begin van die reënseisoen. Amwele sê bome is nodig vir die voortbestaan […]

Read More

Premier moet verdoemende inligting oorhandig, sê DA

Die DA in die Noord-Kaap doen ‘n beroep op premier Zamani Saul om inligting aan die Spesiale Ondersoekeenheid, wat verband hou met die Umsobomvu-jeugfees, en die onreëlmatige aanstelling van die direkteur van sport en ontspanning, te oorhandig. ʼn Woordvoerder van die DA, Priscilla Isaacs, sê die eerste saak hou verband met die betaling van 1,6 […]

Read More

Nog grond beskikbaar vir hervestiging

Die landbouministerie het verskeie begunstigdes van grond aangekondig. Die ministerie het die afgelope tyd hard gewerk om nie net hervestigingsgrond te bekom nie maar ook om die grond so vinnig as moontlik toe te ken. Vandag is twee stukke beskikbare grond, by Kalkrand en Kamanjab ook aangekondig en ingevolge die reëls moet aansoekers se dokument […]

Read More

Polisie neem hul aanvallers in hegtenis

Vyf verdagtes tussen 32- en 37-jaar-oud is in hegtenis geneem in verband met die beweerde ontwrigting van polisie tydens die uitvoering van hul pligte, ‘n aanval op polisiebeamptes en aanranding op polisiebeamptes in Edenpark, Ekurhuleni. Polisiebeamptes van die Edenpark-polisiestasie was besig met roetine-patrollies toe hulle ‘n motor opmerk wat verdag voorkom. ‘n Polisiewoordvoerder, Brenda Muridili, […]

Read More