Nog grond beskikbaar vir hervestiging

Die landbouministerie het verskeie begunstigdes van grond aangekondig. Die ministerie het die afgelope tyd hard gewerk om nie net hervestigingsgrond te bekom nie maar ook om die grond so vinnig as moontlik toe te ken. Vandag is twee stukke beskikbare grond, by Kalkrand en Kamanjab ook aangekondig en ingevolge die reëls moet aansoekers se dokument oor 30 dae, teen 13 november ontvang word. Ministeriële woordvoerder Jona Musheko, verduidelik.