Immigrasie sal aandag kry by ActionSA se beleidsvergadering

ActionSA sê sy eerste beleidskonferensie wat volgende week plaasvind, gaan sterk fokus op die hersiening van die immigrasiebeleid. Die party beoog om die kwessie te pak met ‘n omvattende pakket wat daarop gemik is om grenspatrollies te verbeter en die deportasie van mense wat onwettig in die land woon, te vergemaklik. Die voorsitter, Michael Beaumont, […]

Read More

Tabarak Trading trek saak teen Boulter terug

Die saak, waar die Britse miljardêr en moordbeskuldigde Harvey Boulter deur Tabarak Trading and Consulting in die Emirate vir 59 miljoen Namibiese dollar gedagvaar word is in die Windhoek-hoërhof teruggetrek en van die rol geskrap. Die saak het oor mislukte beleggings gehandel. Die aansoekers wou die uitspraak van die hof in Dubai, wat reeds in […]

Read More

EFF se studenteliggaam moet by Tukkies verbied word

AfriForum Jeug vra die Universiteit van Pretoria om die Studentebevel van die Ekonomiese Vryheidsvegters as ‘n studentevereniging te deregistreer, weens hul ontwrigtende gedrag tydens die studenteraadsverkiesing. Die jeugorganisasie het private sekerheid ontplooi om studente te beskerm wat onveilig voel na intimidasie, aanhitsing tot geweld, ontwrigting van studies en rassespanning. AfriForum Jeug se woordvoerder, René van […]

Read More

Ontsnapte Britse soldaat sal vasgetrek word 

Die Britse regering sê hy is vol vertroue dat die voormalige soldaat wat van terrorisme aangekla en uit die Wandsworth Gevangenis ontsnap het, gevind sal word. Die een-en-twintigjarige Daniel Abed Khalife het gister uit die tronk ontsnap terwyl hy as ‘n sjef vermom was. Hy het na bewering ook fop-bomme by ‘n militêre basis gelos […]

Read More

Groot sukses vir SA-owerhede met stropery in Kruger

Owerhede in Namibië sukkel met renosterstropery wat verlede jaar amper verdubbel het tot 87 renosters wat gestroop is, meeste in Etosha Nasionale Park. Maar dinge blyk om beter te gaan in die buurland met die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke wat sê bewaking, bewaring en pogings teen stropery werp vrugte af in die Krugerwildtuin. Verlede jaar dié […]

Read More

Tweede Trump-raadgewer skuldig aan minagting or 6 Januarie

Die raadgewer van Amerika se oudpresident Donald Trump, Peter Navarro, is skuldig bevind aan minagting van die Kongres omdat hy geweier het om saam te werk met ‘n ondersoek na die aanval op die Kongresgebou op 6 Januarie 2021. Hy kan tot ‘n jaar tronkstraf kry op elk van die twee aanklagte van minagting. Navarro […]

Read More

Verkryging van skaap vir uitvoere tydelik op Mariental gestaak

Hartlief se besturende direkteur Günther Ling het ‘n tydelike uitstel van skaapverkryging vir internasionale uitvoere by Farmers Meat naby Mariental aangekondig. Volgens Ling is daar ‘n opkomende oudit en voorbereiding wat gedoen moet word om internasionale uitvoere verder uit te brei. Op die oomblik sal verkryging fokus op plaaslike en streeksmarkte om aan die ouditvereistes […]

Read More

NaTIS-bedrogspul – Noa sê sy kantoor moet gekontak word

Die direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie, Paulus Noa, het gereageer op moontlike bedrog by die NaTIS-kantoor in die hoofstad. ‘n Dag na leerlingbestuurders hul rybewys-toets gedruip het, word hulle gekontak deur iemand wat hom voordoen as ‘n NaTIS-werknemer wat dan aanbied om die toets as geslaag te registreer indien daar ‘n betaling van tot 5 000 […]

Read More

Vergadering van streek se sentrale banke aan die kus raak jou direk

Die goeweneurs van verskeie sentrale banke in die streek vergader vandag op Swakopmund. Die SAOG-komitee van Goewerneuers van Sentrale Banke is gestig om samewerking te bewerkstellig. Maar hoekom moet ons omgee? Deurwinterde sakeman, dr. Leake Hangala, voorsitter van die Hangala-groep, verduidelik.

Read More

Jaarherdenking van Elizabeth se dood

Dit is vandag ‘n jaar sedert koningin Elizabeth se dood. Sy is op die ouderdom van 96 in Balmoral-kasteel in Skotland oorlede. Haar seun, koning Charles het hulde aan haar gebring en sê die familie, en die hele land, onthou haar met groot liefde en bring eer aan haar vir haar jare se toegewyde diens. […]

Read More