Polisie neem hul aanvallers in hegtenis

Vyf verdagtes tussen 32- en 37-jaar-oud is in hegtenis geneem in verband met die beweerde ontwrigting van polisie tydens die uitvoering van hul pligte, ‘n aanval op polisiebeamptes en aanranding op polisiebeamptes in Edenpark, Ekurhuleni. Polisiebeamptes van die Edenpark-polisiestasie was besig met roetine-patrollies toe hulle ‘n motor opmerk wat verdag voorkom. ‘n Polisiewoordvoerder, Brenda Muridili, sê toe die polisie die motor stop, het gemeenskapslede wat by ‘n nabygeleë park was, die polisie genader en hulle begin aanval.