‘Moenie Namcor ook laat ondergaan nie’

Volgens plaaslike berigte het die kabinet ‘n voorstel van die hand gewys om die Nasionale Petroleum Korporasie, wat meer as 2 miljard Namibiese dollar in die skuld is en potensiële likwidasie in die gesig staar, ‘n finansiële lewenslyn te gee. Namcor skuld 1,1 miljard dollar aan Gunvor Group, wat olie en ander kommoditeite verkoop. Die Kabinet se weiering om die reddingsboei te verskaf, was deels te wyte aan die feit dat die instelling meer as 600 miljoen dollar geskuld word en nie in staat was om skuld in te vorder nie. Kosmos 94.1 Nuus het met LPM-woordvoerder Lifalaza Simataa gesels, wat sê die regering kan nie nog ‘n semistaatsinstelling laat ondergaan soos Air Namibia nie.