Nida gebruik alternatiewe kragbronne om oeste te beskerm

Die Namibiese industriële ontwikkelingsagentskap, Nida, maak tans gebruik van alternatiewe kragbronne om oeste so ver as moontlik te beskerm. Dit kom nadat NamPower die kragtoevoer van die groenskema by die Nautedam afgesny het vanweë uitstaande skuld van sowat 4 miljoen Namibiese dollar. Die skema is onder die beheer van Nida, en miljoene dollar in dadel-oeste word bedreig, volgens Wessel !Nanuseb, woordvoerder by Nida. Druiwe word ook op 54 hektaar by die skema verbou.