Schlettwein onderstreep beplanning vir watersekerheid

Landbou-minister Calle Schlettwein is in Parys, Frankryk waar hy die tweede bevondsing-dialoog van die Afrika Waterfasiliteit bywoon. Schlettwein is gevra om as voorsitter op te tree van die belangrike vergadering, onder die titel “Innoverende weë vir toegang tot water en sanitasie in Afrika”. Hy wys in sy toespraak op globale krisisse wat die vasteland bedreig, en sê nasionale en internasionale besluitnemers moet water in alle aspekte van beplanning inbring om die krisisse die hoof te bied.