Boomplantdag-vieringe skop af

Heikky Amwele, uitvoerende hoof van die Oniipa-dorpsraad, sê die raad beplan om bome, insluitend vrugtebome, regoor die dorp te plant as deel van die Boomplantdag-viering. Die dag word elke jaar op die 2de Vrydag van Oktober gevier om saam te val met die begin van die reënseisoen. Amwele sê bome is nodig vir die voortbestaan van mense en diere, help ook om die uitwerking van kweekhuisgasse op die omgewing te verminder. Die amptelike dag word by Osona-dorpie in Okahandja herdenk, waar omgewingsminister Pohamba Shifeta Saterdag die boomplantseisoen van stapel gaan stuur.