Almal moet nasionale gesondheidsversekering verwerp – DA

Die DA in die Vrystaat sê inwoners sal geleentheid kry om die wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering te verwerp, by openbare verhore wat die Nasionale Raad van Provinsies in die provinsie sal hou. Die party sê, indien die Nasionale Raad van Privinsies die wetsontwerp aanvaar, sal president Cyril Ramaphosa dit as wet aanvaar en waarskynlik die gesondheidstelsel wat reeds onder […]

Read More

Streng sigaret-reëls kom in Brittanje

Die Britse premier, Rishi Sunak, stel voor jonger geslagte moet verbied word om ooit sigarette te kan koop, ‘n stap wat aan Brittanje van die wêreld se strengste regulasies teen rook sal gee. Volgens sy voorstel sal kinders wat vandag as te jonk beskou word om te rook, vir altyd verhinder word om sigarette te koop, terwyl […]

Read More

Heerlike (elektriese) motor-aksie in Kaapstad

Die Stad Kaapstad sê die FIA Veldtydren-kampioenskap waaraan net elektriese voertuie deelneem, keer die naweek terug na die internasionale renbaan in Killarney in die Moederstad om vir groot opwinding te sorg. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê die sport is ʼn samevoeging van tydren- en baanwedrenne waar tydrenvoertuie kop aan kop in kort, skerp wedrenne ongelooflike en […]

Read More

Bewusmaking van Metrologiewet begin vandag

Die Namibiese Standaarde-instelling stuur vandag sy bewusmakingsveldtog in verband met die plaaslike Metrologiewet van stapel. Die wetgewing hanteer mates in verband met standaarde, soos woordvoerder Elijah Mukobonda verduidelik.

Read More

Gauteng se gesondheidsdepartement het 53% van sy teikens bereik

Die DA in Gauteng sê die openbare-gesondheidskrisis verdiep terwyl die provinsiale Gesondheidsdepartement net 56 van 106 doelwitte of 53 persent daarvan bereik het. Dit is volgens die eerste kwartaallikse verslag vir die tydperk van April tot Junie verjaar wat onlangs aan die provinsiale wetgewer voorgelê is. Jack Bloom van die DA sê dit wys dat […]

Read More

Uganda hou handelskou, 920 uitstaleers uit 30 lande

Die 29ste Uganda Internasionale Handelskou wat op die Uganda Manufacturers Association-skouterrein in Kampala plaasvind, benut digitale transformasie en innovering om doeltreffendheid in vervaardiging en handel te bevorder. Die skou spog met 920 uitstallers uit 30 lande, wat dit ‘n noodsaaklike platform maak vir ondernemings om aan te sluit, saam te werk en innoverend te wees […]

Read More

Jon Fosse vat Nobelprys vir literatuur

Die Noorweegse skrywer, Jon Fosse, is die wenner van vanjaar se Nobelprys vir Letterkunde. Die Nobelkomitee sê die 64-jarige Fosse is vereer vir sy innoverende toneelstukke en prosa, wat ‘n stem gee aan die onsêbare. Sy werke sluit in die Septology-reeks romans, Aliss at the Fire, Melancholy, en A Shining. Die wenner van die gesogte […]

Read More

Werkloosheidsversekering moet onder administrasie geplaas word

Die vakbond-federasie Cosatu ondersteun oproepe dat die Werkloosheidsversekeringsfonds onmiddellik onder administrasie geplaas word. Die fonds word wyd veroordeel oor lang vertragings in aansoekprosesse en uitbetalings wat werkgewer/werknemer-verhoudinge benadeel. Mathew Parks van Cosatu het kommer uitgespreek omdat die probleme nie hanteer word nie. Hy sê die organisasie slaag ook nie daarin om voortslepende korrupsie te keer nie: 

Read More

Eise vir deursigtigheid in groen-waterstof transaksie

Die direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing Graham Hopwood sê die Namibiese regering moet meer deursigtig wees oor sy vennootskap met Hyphen Hydrogen Energy. Hopwood sê ook daar is geen inligting oor die lewensvatbaarheid en die implementering van die plan nie. Hopwood het vroeër sy kommer uitgespreek oor die manier wat die tenders vir die projek toegeken is. Hyphen het 4 000 vierkante kilometer se grond […]

Read More

Lindiwe hersien vandag teolae aan kinders

Die buurland se minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Lindiwe Zulu, sal vandag die hersieningsverslag oor kinder-armoede en die kinderondersteunings-toelaag in Johannesburg bekend stel. Die omvattende oorsig ondersoek kinder-armoede en beoordeel die uitwerking en ontwikkeling van die toelaag, wat 13-miljoen kinders teen 510 Suid-Afrikaanse rand per maand, per kind bevoordeel. Die toegewysde kinderondersteunings-toelaag-begroting vir die 2022/2023-boekjaar is 77 miljard rand. Die woordvoerder, Lumka Oliphant, sê […]

Read More