Iere verwag taai stryd teen All Blacks

Ierland se hoofafrigter, Andy Farrell, het ʼn onveranderde opdrafspan aangewys vir môre se Wêreldbeker-kwarteindstryd teen die All Blacks op die Stade de France in Parys. Wêreld nommer een, Ierland, het reeds 17-wedstryde agtereenvolgens gewen. Die Ierse veteraan, Conor Murray, het egter sy spanmaats gewaarsku om ‘n beter weergawe van die All Blacks te wagte te wees. Kaptein Johnny Sexton verwag ʼn klipharde stryd teen die driemalige kampioen.