Komitees is nodig om rampskades te bepaal: Eerste Minister

Namibië, as deel van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap, herdenk vanjaar se Internasionale Dag vir Ramprisikovermindering in die Oshana-streek en vra dat die wêreldgemeenskap pogings opskerp om die impak van rampe te versag. Vanjaar se tema vir die dag is “Beveg ongelykheid vir ‘n veerkragtige toekoms.” Eerste Minister Saara Kuugongelwa-Amadhila het tydens haar hoofrede gesê dat ramprisikokomitees nodig is om die omvang van die skade wat deur vloede, veldbrande en klimaatsverandering in die land aangerig word, te bepaal..