Jongste Nuus

Jongste Nuus

SA Poskantoor: 130 takke sluit

Die DA het die aankondiging van die Suid-Afrikaanse Poskantoor se uitvoerende hoof, Nomkhitha Mona, gekritiseer dat 130 takke binnekort gaan sluit. Die party sê dit kan moontlik die uitbetaling van maatskaplike toelaes bedreig. Die skaduminister vir maatskaplike ontwikkeling, Bridget Masango, wil weet watter gebeurlikheidsplanne gereed is vir ontvangers van toelaes wat deur die sluiting geraak word.  

Read More

Capitol Hill: Familie van slagoffers vra ondersoek

Die ma en meisie van ‘n Amerikaanse polisiebeampte, Brian Sicknick, wat ‘n slagoffer van die gewelddadige protesoptogte op 6 Januarie by Capitol Hill in Washington was, soek ‘n ondersoek na die aanval van verregses. Hulle sê dit was ‘n klap in die gesig van polisiebeamptes wat hul lewens op die spel geplaas het.    

Read More

UDM eis bedanking van SA gesondheidsminister

Die leier van die UDM, Bantu Holomisa, het ‘n beroep op die Suid-Afrikaanse minister van gesondheid, Zweli Mkhize, gedoen om te bedank te midde van hernude bewerings oor die onregmatige toekenning van nog ‘n kontrak. ‘n Maatskappy wat deur van Mkhize se beweerde vennote besit word, Digital Vibes, het glo 150 miljoen Namibiese dollar ontvang om die […]

Read More

Aarde word al hoe warmer

Die Wêreld Meteorologiese Organisasie sê dit word toenemend moontlik dat die aarde se gemiddelde temperatuur op ‘n stadium minstens tydelik ‘n kantelpunt sal bereik. Die organisasie se sekretaris-generaal, Pettri Taalas, het in ‘n verklaring gesê dit is besig om meer as net statistiek te word. Hy sê stygende temperature beteken nog ys wat smelt, hoër […]

Read More

Vrae oor Navachab-myn se poste

Inwoners van Karibib, Usakos en omliggende nedersettings in die Erongo-streek is ontevrede oor die werwing van 60 masjien-operateurs by die Navachab-goudmyn by Karibib. Volgens ‘n gemeenskapslid is die aansoekers waarmee onderhoude gevoer is, nie van die Erongo-streek nie, maar van die verre noordelike en suidelike streke.  

Read More