BIG Namibia fokus op jeug in stryd om basiese inkomste-toelae

Die Basic Income Grant Coalition of Namibia bied môre ‘n musiekkonsert in die hoofstad aan met die hutsteken NoOneLeftOut. Die koalisie sê hulle doel is om Namibiese kunstenaars en die publiek, veral die jeug, bymekaar te bring om die 16de herdenking van die Internasionale Basiese Inkomste Toelae Week te vier. Die woordvoerder van BIG Coalition of Namibia, Renaani Musutua, het aan Kosmos 94.1-nuus verduidelik hoekom hulle op die jeug fokus: