Miljoene se toerusting by onwettige steenkoolmyn gekonfiskeer

Die Suid-Afrikaanse polisie het by ‘n onwettige steenkoolmyn in Mpumalanga beslag gelê op myntoerusting ter waarde van 60 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Die taakspan wat onwettige mynbedrywighede hanteer, het tydens ‘n intelligensie-gedrewe operasie op graafmasjiene, stootskrapers en stortbak-vragmotors afgekom. Daar is ook beslag gelê op steenkool ter waarde van 12 miljoen rand. Die polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê ʼn 53-jarige mynbestuurder wat nie ʼn mynpermit kon toon nie, is in hegtenis geneem: