Twee Cavalry-perde ernstig beseer

Twee van die vyf Household Cavalry-perde wat vroeër die week chaos in Londen veroorsaak het, is in ‘n ernstige toestand en moes operasies ondergaan. Die diere het losgebreek tydens ‘n oefening in Belgravia in die Britse hoofstad, en hulleself en minstens vier mense beseer. Die minister van Verdediging James Cartlidge sê dit gaan goed met die ander drie perde. Die kavallerie sê die perde kry die beste moontlike sorg en die drie wat nie ernstig beseer is nie sal mettertyd weer begin werk.