Thabo Mbeki sien swarigheid vir SA

Oudpresident Thabo Mbeki sê Suid-Afrikaners moet bekommerd wees oor Suid-Afrika se huidige toestand. Hy het by die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York in ʼn eksklusiewe onderhoud aan die SABC gesê die ekonomie groei nie, misdaad is buite beheer, werkloosheid neem toe en doelwitte vir volhoubare ontwikkeling word nie bereik nie. Mbeki sê tekortkominge in die regering moet dringend aangespreek word om die land se uitdagings te kan takel.