Madrid: Rafa wen eerste wedstryd

Die vyfmalige kampioen, Rafael Nadal, is deur na die tweede ronde van die Madrid Ope. Die Spanjaard wat aan die einde van die seisoen wil uittree, het die 16-jarige Amerikaanse loslootjie, Darwin Blanch, met 6-1 en 6-0 verpletter. Nadal speel volgende teen die Australiër, Alex de Minaur, wat hom verlede week in die Barcelona Ope se tweede ronde verslaan het. Die Kanadees Felix Auger-Aliassime het Yoshihito Nishioka van Japan met 4-6, 6-1 en 6-4 kafgedraf. Nadal sê dis emosioneel om die laaste keer in Madrid te speel: