Geen nuwe wetsontwerpe voor ’24 se verkiesing nie – SA-parlement

Die Nasionale Vergadering in die buurland se speaker, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, sê die Parlement sal nie enige nuwe wetsontwerpe voor volgende jaar se verkiesing aanvaar nie. Dit is omdat geen departement gereageer het op die uitgestelde sperdatum wat nou verstryk het nie. Daar is tans 36 wetsontwerpe wat oorweeg moet word. Mapisa-Nqakula sê die saak in die Konstitusionele Hof oor die Verkiesingswysigingswet is steeds hangende en sy is bekommerd oor die uitwerking wat ‘n beslissing op die Parlement kan hê. Die wetsontwerp laat onafhanklike kandidate toe om in volgende jaar se nasionale en provinsiale verkiesings te staan.