Ten spyte van uitstel, sal Brittanje sy klimaatteikens haal – Sunak

Die Britse eerste minister Rishi Sunak sê hy glo vas die land is op koers om al sy internasionale en plaaslike netto-nul-teikens te haal. Die eerste minister het hierdie week onder kritiek deurgeloop nadat hy ʼn klomp regsomkere oor klimaat-teikens gemaak het. Die verbod op die koop van petrolvoertuie is byvoorbeeld van 2030 na 2035 uitgestel. Sunak sê die VK sal steeds by die teiken bly om uitlaatgasse voor 2030 met 68-persent te verminder. Hy sê die land se klimaat-waarborge is onder die beste in die wêreld: