Landbou en aangewese werkgewers

Die Landbou Werkgewersvereniging wag op klarigheid vanaf die arbeidsministerie oor voldoening aan die Employment Equity-wet waarvolgens plaasvakatures op die arbeidsministerie se openbare stelsels geplaas moet word. Dit volg na die arbeidsministerie werkgewers met tien of meer werkers as aangewese werkgewers aangewys het. Dit is nog nie duidelik watter datums vir hierdie wet geld nie. Maar, lede met 10-19 werknemers hoef nie meer op 15 Maart 2024 hul eerste regstellende aksie-verslae in te handig nie. Daar word beplan om ’n makliker, verkorte verslag vir hierdie groep werkgewers te ontwerp. Die konsultasieproses oor ’n verkorte verslag moet eers afgehandel word, waarna die inhandigingsdatum bekend gemaak sal word. Die verkorte verslag sal eers indringend met alle partye bespreek word alvorens dit bekend gemaak word. Die Landbou Werkgewersvereniging sal sy lede daar verteenwoordig.