Garland verdedig sy departement teen Huis-Republikeine

Die Amerikaanse prokureur-generaal Merrick Garland het voor die Huis van Verteenwoordigers verskyn. Hy is geroep na die aanklag teen president Joe Biden se seun, Hunter, en twee federale aanklagte teen Trump. Hy word daarvan beskuldig dat hy nie teen politisering beskerm het nie. Garland sê dit is gevaarlik om amptenare uit te sonder, veral met […]

Read More

Fishrot-verhoor uitgestel tot 13 Oktober

Die Fishrot-verhoor sal nie op 2 Oktober afskop nie. Regter Moses Chinhengo het die saak tot 13 Oktober uitgestel omdat sewe van die tien beskuldigdes nog nie regsverteenwoordiging bekom het nie. Regsman Milton Engelbrecht het bevestig sy drie kliënte Mike Nghipunya, Otneel Shuudifonya en Phillipus Mwapopi is gereed. Oud-minister Bernhardt Esau het onlangs gesê die staat moet betaal vir ‘n prokureur van sy keuse omdat hy as […]

Read More

Nossobville op Gobabis sat vir swak dienslewering

Ontevrede inwoners van Nossobville in Gobabis versoek die munisipaliteit om meer gereeld hul groot munisipale vullisdromme leeg te maak, aangesien dit oorvol word en dan lê die gemors langs die dromme en op sypaadjies. Kosmos 94.1 Nuus het met hoofman Wallace Finnies, ‘n inwoner van die Nossobville, oor die probleem gesels. 

Read More

Unesco voeg 4 Rwandese volksmoord-gedenktekens by 

Vier gedenktekens vir die 1994-volksmoord van meer as 800 000 mense in Rwanda, hoofsaaklik Tutsi’s, is by Unesco se Wêrelderfenislys gevoeg. Die terreine by Nyamata, Murambi, Gisozi en Bisesero herdenk die volksmoord wat die Tutsi-minderheid grootliks geteiken het, maar ook gematigde Hutu’s wat tussen April en Julie 1994 deur Hutu-ekstremiste geskiet, geslaan of doodgekap is. Die stap deur Unesco is verwelkom deur Naphthali Ahishakiye, uitvoerende sekretaris van Ibuka, die vereniging wat oorlewendes van […]

Read More

Bibi glo verhoudings met Saoedi kan normaliseer

Die premier van Israel Benjamin Netanyahu het vertroue uitgespreek dat ‘n geskiedkundige Amerikaans-bemiddelde ooreenkoms om formele diplomatieke betrekkinge tussen Israel en Saoedi-Arabië te vestig bereik kan word.   Netanyahu en Amerikaanse president Joe Biden het aan die kantlyn van die VN se Algemene Vergadering samesprekings gevoer. Die Biden-administrasie dring aan dat formele bande tussen Israel en Saoedi-Arabië, twee top-Amerikaanse bondgenote in die Midde-Ooste, gevestig word.  

Read More

Kleinskaalse myners moet beskerm word – Seibeb

Die LPM se onderleier Henny Seibeb vra vir die hersiening van die Namibiese Mynbouwet, en sê dit het tans nie ‘n toepaslike definisie nie en laat eienaars van eksklusiewe prospekteerlisensies toe om eksklusiwiteit te eis. Hy het sy kommer uitgespreek oor die lot van sommige kleinskaalse myners in die Erongo-streek, wat aansienlik bydra tot die […]

Read More

SA is beurtkrag-vry – tot 16:00 vandag

As gevolg van verbeterde opwekkingskapasiteit by Eskom is beurtkrag tot vier-uur vanmiddag in die buurland opgeskort. Daarna sal fase drie ingestel word. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena…

Read More

Sensitiwiteit van Britse polisie in verkragtingsake uiters swak

Dit is nie net plaaslik waar daar uitdagings is met goedopgeleide owerhede veral in die geval van geslagsgeweld nie. In Brittanje sê 42 persent van slagoffers dat die polisie hulle nie glo nie. Nogah Ofer van die Britse Sentrum vir Geregtigheid vir Vroue sê die stelsel is ook ‘n uitdaging.

Read More

Chinese owerhede waarsku oor nog gure weer

China waarsku teen nog slegte weer nadat ‘n tornado deur ‘n oostelike stad beweeg het en minstens vyf mense gedood en vier beseer het. Die tornado het Suqian in die Jiangsu-provinsie vroeër vandeesweek getref. Staatsmedia sê meer as 5 500 mense is geraak, en byna 2 000 huise is beskadig of vernietig. Baie sterk wind […]

Read More

Polisie ondersoek swangerskap in meisie met Downs

Die Namibiese polisie ondersoek ‘n moontlike saak van verkragting in die hoofstad. Volgens die mag se woordvoerder adjunkkommissaris Kauna Shikwambi, is die slagoffer ‘n 19-jarige meisie met Down-sindroom. Sy het blykbaar gekla haar maag pyn wat uiteindelik gelei het tot die ontdekking dat sy 13 weke swanger is. Shikwambi sê ‘n ondersoek is geloods maar daar is nog geen verdagte […]

Read More