DA: Verwagte salarisverhogings plaas Gautengse fiskus onder druk

Die DA in Gauteng sê die minister van finansies, Enoch Godongwana, het onlangs gewaarsku provinsies sal hoër as verwagte salarisverhogings uit hul bestaande begrotings moet befonds. Die ooreenkoms is eers bereik ná die begroting in Februarie ingedien is, en is dus nie ingereken nie. Adriana Randall van die DA sê kritieke dienslewerings-departemente soos gesondheid en […]

Read More

Namibië wil teen 2028 net 30% krag invoer

Die ministerie van myne en energie het verklaar dat doeltreffende regulering vir Onafhanklike Kragprodusente, beleggings en opgedateerde transmissie- en verspreidings-infrastruktuur nodig is om 45 persent van Namibiërs sonder elektrisiteit te bereik. Volgens die waarnemende uitvoerende direkteur in die ministerie, Brian Eiseb, beoog Namibië volgens die ministerie se Nasionale Geïntegreerde Hulpbronplan om sy elektrisiteits-invoer van die […]

Read More

Winde: Fiskale krisis weens staatsdiens-loonskikking

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, vra in ‘n brief aan President Cyril Ramaphosa dat dreigende verlagings in die 2023 mediumtermyn-bestedingsraamwerk dringend op die komende agenda van die President se koördinerende raadsvergadering geplaas word. Die vergadering word Vrydag gehou. Winde sê die fiskale krisis is grootliks geskep deur die 2023/2024 en 2024/2025-staatsdiens-loonskikking, wat aangegaan is sonder […]

Read More

Indië brei streng maatreëls oor graan-uitvoere uit

Indië het streng maatreëls aangekondig met betrekking tot sy graan-uitvoere. Die wêreld se grootste rys-uitvoerder het sy beperkings uitgebrei na elke graansoort wat oorsee verskeep word. Indië het voorheen reeds ‘n minimum prys op die verskeping van basmati-rys ingestel en uitvoerbelasting op die vooraf-gekookte variëteit gehef. Dié beperkings kan aansienlike gevolge hê vir die wêreld-voedselmark, […]

Read More

Krieket: Protea-vroue slaggereed vir Pakistan

Krieket: Die Protea-vroue het hul eerste oefening in Pakistan gehad voor ‘n witbalreeks. Die twee lande sal mekaar in drie T20’s en ‘n eendagreeks van drie wedstryde pak wat almal in Karachi gespeel word. Die openingswedstryd is Vrydag. Die Protea-kolwer Tazmin Brits sê hulle is opgewonde oor die uitdaging wat voorlê.

Read More

Opknapping van noordelike kanaal vorder goed

NamWater se rehabilitasie van sy noordelike kanaal vorder goed. Die infrastruktuur is uiters belangrik vir watervoorsiening en tot op hede, is meer as 60 miljoen Namibiese dollar bestee. Volgens die watervoorsiener, sal ‘n waterbehandelings-fasiliteit ook opgerig word. Die hoof hidroloog in die landbouministerie Leonard Hango het die jongste oor die opknapping.

Read More

Volksmoord-gedenksteen by Lüderitz vernietig

Die gedenksteen vir die volksmoord slagoffers wat op 22 April vanjaar by Shark-eiland opgerig is, is vernietig. Dit is onduidelik of die steen gevandaliseer is en dit moontlik deur sterk wind beskadig is, soos Sima Luipert, ‘n lid van die tegniese komitee van die Nama Tradisionele Leiersvereniging, verduidelik.

Read More

Nog 4 SA-partye stem ooreen om saam te werk

Vier bykomende politieke partye het kragte saamgesnoer om ‘n alternatiewe koalisie te stig as ‘n plaasvervanger vir die bestaande Veelpartyhandves. Daar word berig die Pan Africanist Congress, die African Transformation Movement, die African People’s Convention, en die Land-party het ‘n wedersydse ooreenkoms bereik voor volgende jaar se verkiesing. Volgens die partye is hul samewerking nie […]

Read More

Putin sal nie Prigozhin se begrafnis bywoon nie

Die Russiese President Vladimir Putin het geen planne om die begrafnis van Wagner-hoof Yevgeny Prigozhin, by te woon nie. Die Embraer Legacy 600-privaatstraler waarmee Prigozhin vanaf Moskou na St. Petersburg gereis het, het op 23 Augustus in die Tver-streek noord van Moskou neergestort met die verlies van al tien mense aan boord. Dit is nog […]

Read More

Roots ontwikkel goed, diversifiseer en voeg waarde toe

Die Roots-ontwikkeling naby Stampriet ontwikkel en groei uiters goed. Daar is goeie diversifisering in boerdery-soorte en in talle gevalle word waarde reeds toegevoeg en die finale produk word verkoop. Die landbouplaas is gebaseer op ‘n unieke model wat intensiewe boerdery van vee en permanente gewasse kombineer met ‘n landboukollege vir onderwys in voedselsekerheid, ‘n aftreeoord, […]

Read More