Nuwe waterwet: NLU sê onreëlmatighede opgemerk

Die regulasies tot die nuwe Wet op Waterhulpbronbestuur is einde Augustus vrygestel en die Wet van 2013 het dus in werking getree. Die doel van hierdie wet is – onder andere – om voorsiening te maak vir die bestuur, beskerming, ontwikkeling, gebruik en bewaring van waterbronne; om voorsiening te maak vir die regulering en monitering van waterdienste asook ander toevallige aangeleenthede. Die Namibiese Landbou-unie sê onreëlmatighede is in die Regulasies opgetel en dit sal met die Ministerie bespreek word. ’n Grasietydperk van 18 maande is aangedui om grondeienaars tyd te gee om ongelisensieerde boorgate te registreer. Hierdie tydperk sal tot Januarie 2025 strek. Die unie beoog om ‘n opsomming saam te stel wat van toepassing is op kommersiële grondeienaars, maar moet eers volledige besonderhede oor hierdie aangeleentheid bekom.