Belasting in telekommunikasie word ondersoek… om te verlaag

Die kommunikasie regulerende owerheid, Cran, se uitvoerende hoof Emilia Nghikembua, sê die owerheid doen ‘n studie om met die regering te skakel oor die vermindering van belasting in die telekommunikasiesektor. Dit sal lei tot meer bekostigbare data en telefoon-kostes. Nghikembua sê die instelling kyk na oproepe sowel as boodskappe en stemnotas. Verskeie belanghebbendes is betrokke en van die lisensiehouers het reeds begin om pryse te verlaag. In ‘n poging om die bekostigbaarheid van aan te spreek, het die inligtingsministerie begin om die nasionale breëbandbeleid te hersien om aan te sluit by die SAOG-teiken.