Dupont van Frankryk se kakebeen straks gebreek

Rugby: Die Franse kaptein Antoine Dupont ondergaan toetse nadat hy vermoedelik sy kakebeen gebreek het tydens die gashere se rekordoorwinning van 96-0 teen Namibië. Dupont moes die veld verlaat nadat Johan Deysel se kop sy kop met ʼn duikslag getref het en afgestuur is. Sy geelkaart is in ʼn rooikaart omskep. Die verlies van Dupont sal ʼn kwaai knou wees vir Frankryk se kanse om die toernooi die eerste keer in te palm. Hy was die wêreld se speler van die jaar in 2021 en is in 2022 en 2023 aangewys as die speler van die toernooi in die Sesnasies.