Biden sluit aan by stakende werkers in Detroit

Dit is vandag die 12de dag van die United Auto Workers-staking in die VSA. Amerikaanse media berig dat president Joe Biden, wat hom tradisioneel skaar by werkers en hul regte, by die stakende werkers sal aansluit in Detroit. Die Withuis se woordvoerder Karine Jean-Pierre sê dit is nie dat Biden enigsins kant kies nie.

Maar, op ‘n vraag of Biden saam met die werkers sal stap enigiets te doen het met die feit dat Donald Trump Dinsdag daar sal wees, sê Jean-Pierre nee, dit was Biden se wens om die werkers te ondersteun.