Gaping in beroepsopleiding

Namibië se openbare onderwyssektor het ‘n groot gaping tussen verskaffers van beroepsopleiding en universiteite. ‘n Verslag wat deur die Duitse agentskap vir internasionale samewerking befonds is oor Namibië se vaardigheidsbehoeftes het bevind die gaping is as gevolg van die gebrek aan dekking van tegniese en beroepsopleiding. Kosmos 94.1 Nuus het met Tim Parkhouse, die voormalige sekretaris-generaal van die Namibiese werkgewersvereniging, hieroor gesels. 

Parkhouse sê die privaat sektor moet aangemoedig word om assistente en vakleerlinge op te lei, sodat hulle hul eie besighede kan begin.