Texas steier onder toestroming van migrante

Meer as 2 000 mense per dag wat asiel soek, stroom oor die grens na die Texas-stad, El Paso, en dienste is oorweldig. Die groot getal migrante het ʼn nuwe vlaag politieke aanvalle op Amerika se president Joe Biden ontketen. Die instroming het ook die stad Eagle Pass op Texas se grens getref waar meer as 8 000 mense verlede week aangekom het. Dit het owerhede gedwing om ʼn noodtoestand af te kondig. Republikeinse goewerneurs in Texas en Florida het onder skoot gekom omdat hulle die migrante na stede soos New York en Sacramento stuur, wat as liberaal beskou word.