Solly Moeng deur ActionSA verwelkom

ActionSA se president, Herman Mashaba, het die bekende kommunikasie- en handelsmerkstrateeg, Solly Moeng, terug verwelkom in Suid-Afrika. Moeng het na die land teruggekeer om deel te wees van die party se verkiesingsveldtog, nadat hy tyd in Europa deurgebring het waar hy by ‘n sakeskool klas gegee het. Mashaba sê Moeng is een van talle gerespekteerde Suid-Afrikaners wat die afgelope maande by ActionSA aangesluit het.