Strafregstelsel moet meer doeltreffend wees

Die prokureur-generaal sê die toename in die aantal misdade wat oor die afgelope twee jaar aangeteken is, vereis die behoefte om doeltreffendheid in die vervolging van misdaad te verbeter. Festus Mbandeka sê daar is ‘n toename van 7 persent meer sake wat tussen 2021 en 2022 aangemeld is. Hy voeg by dat die kantoor van die aanklaer-generaal meer vaartbelyn en doeltreffend moet wees in vervolging. Op haar beurt sê Martha Imalwa, die aanklaer-generaal dat die oorsaak van misdaad ook bepaal moet word en oorgrensoortredings moet aangespreek word.