Williamson lei Swart Pette in T20 Wêreldbeker

Krieket: Kane Williamson voer Nieu-Seeland die vierde keer aan in die komende T20 Wêreldbeker in die Wes-Indiese Eilande en Amerika. Die Swart Pette se groep van 15 spelers sluit die ervare snelboulduo, Tim Southee en Trent Boult, in. Snelbouler Matt Henry en kolwer Rachin Ravindra maak hulle debuut in die T20 Wêreldbeker. Die Nieu-Seelandse afrigter, Gary Stead, glo sy span is goed gebalanseer en is vol vertroue hulle sal goed vaar in die toernooi.