Donald sê Ryderbeker gaan moeilik wees om in te palm

Span Europa se kaptein, Luke Donald, sê hulle besef hoe moeilik dit gaan wees om die Ryderbeker te wen, veral na hulle teleurstellende nederlaag in 2021. Europa begin die 44ste weergawe van die tweejaarlikse wedstryd wat Vrydag in Rome begin, met 2021 se rekord-nederlaag van 19-9 teen Amerika by Whistling Straits, nog vars in die geheue. Donald sê hy hoop ʼn tuisskare in Italië sal sy span ʼn hupstoot gee. Hy voeg by die Ryderbeker is een van die beste kompetisies in die wêreld: