Tornado’s saai verwoesting in Oklahoma

Minstens vier mense is dood en talle is beseer nadat verskeie tornado’s verwoesting gesaai het in Oklahoma in die Verenigde State. Daar is groot skade in die dorp Sulphur, met platgevalde geboue, voertuie wat in die lug geslinger is, en huise se dakke wat afgeruk is. Oklahoma se goewerneur, Kevin Stitt, sê ‘n vier maande oue baba het ook gesterf. Hospitale regoor die staat het nagenoeg 100 beserings aangemeld, insluitend mense wat deur stukke puin getref is.