Namibië vaar goed in oorgrenshandel

Namibië is een posisie op in die Standard Bank Afrika-handelsbarometer indeks. The Brief berig die land was verlede jaar derde en is vanjaar tweede geplaas. Die indeks kyk na 10 lande – Angola, Ghana, Kenia, Mosambiek, Namibië, Nigerië, Suid-Afrika, Tanzanië, Uganda en Zambië. Luidens vanjaar se verslag is wisselkoers wisselvalligheid, volgehoue verswakking in plaaslike geldeenhede en kapitaal wat elders belê word as gevolg van hoër rentekoerse in gevorderde ekonomieë, van die grootste uitdagings in die ontwikkeling van oorgrenshandel. Angola het die hoogste toename in regeringsteun ervaar terwyl Namibië, Mosambiek en Tanzanië ‘n afname ervaar het in besighede wat voel dat die regering oorgrenshandel ondersteun. Mosambiek het die grootste afname in regeringsteun ervaar.