Menzies se eerste saak vandag in hof vir saakbestuur

Menzies Aviation se hofaansoek van verlede jaar, waar hy regter Eileen Rakow vra vir die ter syde stelling van die tender toekenning vir grond- en vraghantering by Hosea Kutako Internasionale Lughawe, kom vanoggend voor die saakbestuur. Die eerste respondente in die saak, die Namibiese Lughawensmaatskappy, het vir die saakbestuur-konferensie aangevra. Intussen het Paragon Aviation te kenne gegee dat hy uiteindelik ook gesertifiseer is vir die Verenigde Koninkryk. Hy het onlangs die sertifisering vir die Europese Unie ontvang en kan dus vrag- en grondhantering vir Britse rederye uitvoer.