Droogtehulpverlenging is ‘politieke taktiek’

Die regering het ‘n allemintige geraamde begroting van 825 miljoen Namibiese dollar aangekondig vir die droogtehulp-ondersteuningsprogram, wat verleng is tot 31 Maart 2025. Die geld sal uit die nasionale noodrampfonds kom. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die politieke ontleder Rui Tyitende, wat sê dit is beslis ‘n politieke taktiek. Hy sê die regerende party probeer die vertroue van sy ondersteuners vir die komende verkiesing wen.