Afrika Ontwikkelingsbank ondersteun regering in watersektor-ingrypings

Die Ontwikkelingsbank van Afrika is daartoe verbind om die Namibiese regering te ondersteun in toekomstige ingrypings in die watersektor, sê die bank se senior water- en sanitasie-ingenieur, Herbert Chinokoro. Hy sê die ondersteuning sal die regering help om toegang tot water en sanitasiedienste vir 100 persent van die bevolking te verhoog. Dit sal ook “voldoende waterreserwes verseker vir industrialisasie en gronddiens, en behuisingsontwikkelingsdoeleindes”. Verder sal dit “veerkragtigheid teen klimaatsverandering verbeter in ooreenstemming met die Nasionale Ontwikkelingsplan-doelwitte oor omgewingsvolhoubaarheid.” Chinokoro het gepraat by die nasionale werkswinkel oor watersekerheid en klimaatsverandering in Namibië, wat in die hoofstad gehou word.