Watersekerheid op voorgrond by werkswinkel

Die Ministerie van Water, die Stad Windhoek, die Namibië Waterkorporasie en ander bied tans ‘n tweedaagse nasionale werkswinkel oor watersekerheid en klimaatsverandering in Windhoek aan. Die werkswinkel bring belanghebbendes byeen om vordering wat gemaak is in waterhulpbron-ontwikkeling en -bestuur vir watersekerheid te midde van klimaatsverandering krities te evalueer. Die werkswinkel dien ook as ‘n kennis-uitruilplatform en ondersoek meganismes en strategieë om waterhulpbronontwikkeling te verbeter. Abraham Nehemia, uitvoerende hoof van NamWater, het gepraat oor die belangrikheid en doel van die werkswinkel.